CLICK HERE FOR FREE BLOGGER TEMPLATES, LINK BUTTONS AND MORE! »

Montag, 28. September 2009

Lewensresep

Boy&GirtAtBirdHouse

'n Bietjie meer doen en minder praat

'n Bietjie meer liefde en minder kwaad

'n Bietjie meer dank en minder kla

'n Bietjie meer gee en minder vra

'n Bietjie meer vreugd' en minder vrees

'n Bietjie meer musiek wat spanning genees

'n Bietjie meer blomme in die lewensuur as ruikers na die graf te stuur

'n Bietjie meer glimlag, minder steun, maar voluit vertrou en op Hom leun.

MAG JY...
- Nooit omdraai wanneer jy teleurgestel word nie.
- nooit ophou wanneer jy verloor het nie.
- nooit bly lê wanneer jy geval het nie.
- nooit haat wanneer jy nie waardeer word nie.
- nooit hoogmoedig word wanneer jy presteer het nie.
- nooit rus wanneer jy voorspoed gevind het nie.
- nooit in die steek laat wanneer jy vertrou word nie.

MAG JY..
- Altyd lewe met die wete dat jy met 'n doel lewe.
- altyd ly in die geloof dat lyding krag bring.
- altyd doen met die besef dat dit jou taak is.
- altyd gee en deur jou gawe verryk word.
- altyd gereelmagtigheid en ondersteuning
- altyd lewe met die oog op die onsienlike.

Children