CLICK HERE FOR FREE BLOGGER TEMPLATES, LINK BUTTONS AND MORE! »

Freitag, 11. November 2011

Die Laaste Dag

SO, jy wil tyd vry hê.

HeartRoseButterfly

Kom ons kyk wat jy vra.

Daar is 365 dae per jaar, of 52 weke, wat vir werk gebruik kan word.  Jy het reeds elke week 2 dae vry, wat net 261 dae vir werk oorlaat. Omdat jy elke dag 16 ure weg is van die werk, word 170 dae net daarvoor gebruik.  Dit laat net 91 dae.

Dan gebruik jy elke dag 30 minute vir 'n teepouse, wat 23 dae per jaar verg en daarna net 68 dae oorbly.  Boonop gebruik jy elke dag 1 uur vir middagete, wat 46 dae per jaar verg. Daarna is net 22 dae oor.

Jy is gewoonlik 2 dae per jaar siek, wat die werkdae tot net 20 dae afbring.  Dan is daar 5 openbare vakansiedae per jaar, sodat net 15 dae gewerk kan word. Ons gee jou veertien dae verlof per jaar, sodat eintlik net 1 dag per jaar vir werk oorbly.

En nou wil jy 2 dae vryhê vir 'n massa-aksie...