CLICK HERE FOR FREE BLOGGER TEMPLATES, LINK BUTTONS AND MORE! »

Freitag, 9. Oktober 2009

Die Here weet ....

 

For You


Wanneer jy moeg en moedeloos voel weens
Verpletterende omstandighede en situasies ....
Weet die Here hoe hard jy probeer het.
Wanneer jy so lank trane gestort het
En jou hart is beklemd ....
Het die Here jou trane getel.
As jy voel jou lewe is doelloos
En die tyd het jou agtergelaat .
Was die Here saam met jou.
Wanneer jy eensaam voel en jou vriende
Te besig is om te bel of nie verstaan nie ....
Wag die Here saam met jou.
Die Here is aan jou sy wanneer jy dink jy alles
Probeer het en nie meer raad weet nie ....
Hy het die oplossing.
Wanneer niks sin maak nie en jy seer,
Verwar of gefrustreerd voel ....
Het die Here die antwoord.
As jou blik op die lewe verhelder
En jy tekens van hoop in die lewe vind ....
Het die Here vir jou gefluister.
Wanneer alles klopdisselboom gaan
En jy volop stof tot dank het ....
Het die Here jou geseën.
Wanneer iets verstommends gebeur
En jy daardie spesiale iemand vind ....
Het die Here se glimlag op jou gerus.
As jy 'n droom het om te volg
En ook 'n werklikheid om uit te lewe .
Het die Here jou oë geopen en jou naam genoem.
Onthou net, waar jy ook al is,
en wat jy ook al in die gesig staar ....


DIE HERE WEET!

Girl&Roses